Hoërskool Bekker

Ons skop elke jaar met ons Huissport-byeenkoms af waartydens ons massadeelname propageer. Die spanne doen baie moeite en die leerders ondersteun hulle vriende met oorgawe. Die twee spanne kompeteer nie net op die atletiekveld teen mekaar nie, maar ook op die pawiljoen om te bepaal wie die meeste gees het.  Die dirigente doen moeite met hulle spanne en selfs hulle aankoms word goed beplan.  Dit is ‘n wonderlike dag vol pret en spangees – waarlik ‘n dag om na uit te sien. Die baanitems sluit kortafstande, hekkies en langafstande in. Velditems is hoogspring, verspring, driesprong, gewigstoot, diskus en spiesgooi.

Die jaarlikse Interhoër vind in Potchefstroom plaas waar al ons nommer een atlete deelneem. Ter voorbereiding hiervoor het ons twee vriendskaplike atletiekbyeenkomste om absoluut seker te maak dat die atlete goed voorbereid is vir hierdie jaarlikse byeenkoms.

Die sangspan oefen weke lank aangesien ons ‘n skool is om op die pawiljoen te klop. Die sangers is goed gedissiplineerd en goed voorbereid vir hierdie dag aangesien ons sterk mededingers en ernstige deelnemers aan hierdie kompetisie is.

Na die Interhoër gaan neem ‘n geselekteerde groepie atlete aan die Klusterbyeenkoms deel om te kwalifiseer vir die distrikskampioenskappe, vanwaar hulle dan aan die Gauteng-en Suid-Afrikaanse-kampioenskappe gaan deelneem.

Hier by Hoërskool Bekker bestaan die dogtershokkie uit 5 spanne, naamlik die onder 14, 15 en onder 16-span, die 2de span en ‘n die eerstespan.

Ons neem jaarliks aan die Puk-reeks en die D2 liga deel.

Bekker se eerstespan hokkiemeisies word die Tigers genoem en dit is elke hokkiedogter se droom om vir die Tigers te speel.

Hoërskool Bekker het twee seunshokkiespanne, naamlik die Junior en Senior seunspan.

Ons neem jaarliks aan die Puk-reeks deel sowel as die D2-liga wat op grasvelde gespeel word. Ons neem ook aan die  Wesrand-liga deel wat op Astro-velde gespeel word.

Die senior seunshokkiespan word die Warriors genoem en is wyd bekend vir hulle kreet voor hulle met ‘n wedstryd op die veld hardloop.

Dit is met groot opwinding dat ons bekendmaak dat Hoërskool Bekker vanjaar twee spanne in die Gauteng-Wes liga gaan inskryf.  Die twee spanne sal uit ‘n junior- en ‘n seniorspan bestaan.  Die juniorspan bestaan uit ‘n kombinasie van 0/14 en 0/15 seuns.

Die seniorspan wat Hoëskool Bekker in die liga gaan verteenwoordig, bestaan uit 0/16 tot 0/19 seuns.  Vanjaar se groep seuns toon groot potensiaal en ons sien uit daarna om deel te wees van hulle ontwikkeling en transformasie tot uitstekende krieketspelers en ambassadeurs van ons skool. 

Landloop gaan oor meer as net hardloop en oefen. Die doel is om ‘n liefde vir Landloop onder die leerders te kweek.

Landloop werk aan algehele fiksheid wat tot voordeel van al die sportsoorte sal strek.

Hierdie buitemuurse aktiwiteit verbeter die atleet se selfbeeld, selfdissipline en doelgerigheid. Dit kweek ‘n positiewe lewenswyse.

Netbal word deur twee spanne van sewe spelers gespeel met die doel om ‘n bal deur die opponerende span se doelring, wat tien voet bo die grond geposisioneer is, te skiet.

Netbal bring ‘n kombinasie van spoed, vaardigheid, behendigheid, balans en taktiek saam. Die wedstryd word deur twee spanne van sewe spelers betwis en dit behels dat een span ‘n ander span se gebied binnedring met die doel om ‘n bal deur hul opponent se net te skiet. Anders as die meeste invalspeletjies is ‘n netbalbaan egter in derdes verdeel.

Netbal het die hoogste aantal deelnemers op skoolvlak. Ongeag ouderdom, geslag en vermoë, kan enigiemand netbal speel, lekker kuier en vaardighede aanleer om in hul alledaagse lewe toe te pas.

Hoërskool Bekker het ‘n aktiewe perdryspan wat namens Bekker aan SANESA deelneem. SANESA is ‘n nasionale interskolesport en die perdryspan verwerf individuele punte asook punte vir hulle skool.