Hoërskool Bekker

Welkom by Kuschke Junior Seunskoshuis

Ons pragtige koshuis het ‘n tradisie gevulde atmosfeer waar al ons graad 8 en 9 seuns aangemoedig word om suksesvolle jong Bekker leerders te word. Deur ‘n gebalanseerde leefstyl bevorder ons gesonde leergeleenthede vir elke leerder wat die Kuschke-reis hier by Hoërskool Bekker aanpak.

Die koshuis is vernoem na Mnr. EJC Kuschke wat ons eerste skoolhoof was vanaf 1935 – 1943. Ons strewe om sy standaarde en drome na te jaag en sodoende leef die koshuis voort. Alle leerders wat by ons koshuis bly, word geinspireer om die beste moontlike weergawe van hulself te bereik.

Ons leef volgens ons slagspreuk “We will be known forever by the tracks we leave”  as ‘n inspirasie vir ander leerders om in ons voetspore te volg en ons nalatenskap te onthou.