Hoërskool Bekker

By die Bekker klerebank verkoop ons slegs tweede handse skoolklere teen R10 per item, kleurbaadjies teen R50 elk en kouse teen R5 per paar. Daar is ook tweede handse skool skoene vir noodgevalle teen R10. Tweede handse sosiale drag (sweetpak baadjie en broek) beloop R50 per item.

Nuwe hokkie, netbal en rugby klere is ook beskikbaar by ons klerebank.

Alle ander nuwe sosial sport drag kan direk by Totuisdal Handelshuis in Pretoria gekoop word en alle nuwe skoolklere kan by Amod & Sons in Krugersdorp gekoop word.

Navrae kan gerig word aan juffrou Loryn van den Berg.