Hoërskool Bekker

Jeugskou

Die doel is om die leerlinge se belangstelling in landbou en lewensvaardighede aan te kweek en beroepe in die landbou asook entrepreneurskap aan te leer.

Leerlinge skou met die diere, was die diere en doen voorbereiding van die diere. Daar is kompetisies as skouman en groepskou.

Leerlinge neem aktief in die volgende kategorieë deel:

  • Beeste (Vleis- en melkbeeste)
  • Bokke (Vleis, melk en vesel)
  • Skape (Vleis en wol)
  • Perde
  • Varke
  • Duiwe
  • Pluimvee
  • Konyne
  • Suiwelprodukte
  • Kullinêre kuns