Hoërskool Bekker

ANNEKS – JUNIOR GIRLS HOSTEL

Die plek waar individue ‘n span word. Waar jy kan ontspan, jonk wees en pret hê.

Die junior koshuis, Anneks, is ‘n entiteit op haar eie, heeltemal apart van die senior koshuis. Hier bou ons karakter en leer ons mekaar ken.

Graad 8’s kom hier bymekaar om al die verskillende provinsies en sowat 20 verskillende laerskole te verteenwoordig, om een verenigde krag te word om mee rekening te hou – DIE ANNEKS!

Hier bou ons karakter en vorm die hart van Bekker se koshuislewe.

Ons drie huise, Magrietjie, Daisy en Kappertjie huisves tussen 13 en 19 jong dames wat hul lewe hier liefkry.

Ons pragtige leiers en passievolle onderwysers ken elke meisie se hart.

Ons raak betrokke by die aktiwiteite by die skool en is hier om ‘n verskil te maak.