Hoërskool Bekker

Cambria Koshuis

Cambria is die seniorseuns koshuis by Bekker Hoërskool.  Die koshuis huisves graad 10 tot 12 seuns.  Die naam van die koshuis kom oorspronklik vanaf die Walliese woord “combrogi”  wat beteken “volksgenote“.  Cambria is ‘n baie trotse koshuis met sterk waardes.  Die koshuisvlag bestaan uit verskeie simbole.

Simboliek- kleur:  Die kleur geel verteenwoordig sonskyn.  Dit word geassossieer met vreugde, geluk, intellek en energie.

Simboliek – boek van kennis:  Pilaar van akademie.  Kennis is mag.

Simboliek – kulturele maskers:  Kulturele pilaar.

Simboliek – fakkel:  Die vermoë om te dien as ‘n leidende lig.  Om ‘n lig vir ander te wees, verhelder die die pad vir ander. 

Simboliek – hande:  Krag in eenheid.  Ondersteunend met die leiding van Cambria se lig. 

Simboliek – skild:  Dit verteenwoordig beskerming, geloof en veiligheid.

Simboliek – Slagspreuk:  Oorgang na senioriteit, kom met verantwoordelikheid.

By Cambria begryp ons dat die koste van dissipline is altyd minder as die prys van spyt.  Ons streef by Cambria daarna om leerders voor te berei vir lewe na skool.  Ons leer leerders die belangrikheid en waarde van broederskap en om deel te wees van iets groters.