Hoërskool Bekker

HOËRSKOOL BEKKER BUSROETES

Hoërskool Bekker het 7 dagroetes en 9 naweekroetes. Elke roete het verskeie aflaaipunte.

Die dagroetes is soos volg: Skeerpoort, Hekpoort, Pinehaven, Syferbult, Brandvlei, Baobab en Krugersdorp

Die naweekroetes is soos volg: Centurion, Midrand, Fourways, Pinehaven, Northgate, Rustenburg, Randfontein, Westonaria en Vaaldriehoek.

Indien daar genoeg belangstelling in ‘n nuwe roete is, sal ons dit ondersoek om te bepaal of die roete koste-effektief sal wees, dan sal ons dit oorweeg om so ‘n roete te implementeer.

Voordat ‘n leerder ‘n bus kan begin gebruik, moet jy ‘n bus-aansoekvorm voltooi wat by die buskantoor beskikbaar is en die R200.00 sitplekfooi betaal om ‘n sitplek vir die jaar te bespreek.

Leerders wat van die dagroetes gebruik maak, moet ‘n maandkaartjie koop en leerders wat van naweekroetes gebruik maak, het twee opsies: hulle kan ‘n maandkaartjie koop of enkelritte koop.

Neem asb. kennis: Die prys is per maand vir 11 maande (Januarie – November).  U betaal nie vir vakansietye nie.  Ons het die skooldae getel (199) en uitgewerk wat die koste sal wees om die kind van en na die skool te vervoer vir die skooldae en dit in 11 paaiemente verdeel.  Dus moet u elke maand betaal, al is daar skoolvakansies.

Vir enige navrae kontak asseblief vir Mev Henriëtte Ras per e-pos: bus@hsbekker.co.za