Sjtt… Luister… Hoor hoe roep jóu hoërskool jóu!
Voëltjies, apies, beeste, hoenders, varke. Koshuispret, plant en ploeg.
Atletiek, rugby, netbal, hokkie, krieket, perdry. IGO, Geografie, Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe, Rekeningkunde, Besigheidstudies, Toerisme, RTT, Verbruikerstudies, Landboubestuurspraktyk, Landbouwetenskap, Landboutegnologie, Landboustudies, Afrikaans, Engels, Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid. Leierskap, Drama, Afrikatromme, Sêr en toneel.
Alles… op één plek!
Hoërskool Bekker… Die besbewaarde geheim, in die hartjie van Magaliesburg in Gauteng is ‘n dubbelmedium, parallelmedium Landbouskool wat in al jou kind se behoeftes sal voorsien! Hoërskool Bekker is gebou op die fondament van sy 10 waardes: respek, balans, lojaliteit, uitnemendheid, liefde, diensbaarheid, nederigheid, verantwoordelikheid, eerlikheid en dankbaarheid.
Hier vloei die groen en ougoud deur ons are, want by Hoërskool Bekker maak ons groen toekomsdrome, goud!
