Bekker Prestasies

Die Mambas maak Geskiedenis

Hoërskool Bekker se 1ste Rugbyspan het geskiedenis gemaak in die 2017 rugbyseisoen deur vir die eerste keer die PUK 16 Sportreeks en die Goue Leeus Medium Skole trofee in een seisoen te verower.

Die span het is ook tydens die Durban Noord Kollege Rugbyweek in die April vakansie as die beste span op die toernooi aangewys.

Die Mambas het ook gekwalifiseer om aan die Virseker Beker toernooi deel te neem en was ongelukkig om in die Semi Finaal teen Hoërskool Hoogenhout van Bethal te verloor met 36 – 29. Hoogenhout het daarna voortgegaan en die VirsekerBeker vir Medium Skole te wen.

Bekker het ook tydens die 2017 seisoen twee provinsiale spelers opgelewer, Didi Sekati het vir die Goue Leeus Akademie XV by die Nasionale Akademieweek gespeel en Brennie Grobler het in die Goue Leeus o/19 Welpie span tydens die PUK Rugbyweek gespeel.

Die span het tydens die seisoen 24 wedstryde gespeel, 20 gewen, 1 gelykop gespeel en 3 verloor. Die jaar se uitslae is as volg: