Die afgelope naweek se SA Ploeg Meestgers kampioenskappe was warm… die weer & die kompetisie.
Ek wil hiermee almal bedank wat soveel bygedra het om die 2 dae ‘n sukses te maak en die manne & meisies se aandag so bietjie weg te neem van die komende eksamens.
Dankie aan die volgende – in geen besonderse volgorde.
New Holland – Jaco du Preez & Hannes van NH Tarlton; Rosaly Boerdery – Robert & Karin & hulle hele gesin; Brandvlei Verspreiders vir Diesel – Deon & Tania; Jeep – Richard Sloman asook die Rustenburg Maemo Span; Bekker Skool – Brian Calaghan!
En dan vir die deelnemers…
Dankie – dit was ‘n plesier om julle daar te he.
Uitslae: 
Dames – 1) Kelly Veenema; 2) Lize v.d. Westhuizen (ook die beste ‘Groentjie’) en 3) Johane Coetzee.
Mans – 1) Janco Joubert; 2) Justin Heymans; 3)Ceagan Fullard & Jadon J. v. Rensburg – gesamentlik – –
Ek het mos gesê die kompetisie was warm.