“Oom Jan Perd( Fourie) het ook saam met die plaas na ons oorgekom.En wat n steunpilaar en staatmaker was hy nie.” volgens mnr Kuschke.
Die volgende aanhaling kan nie weggelaat word nie:
” Op Dinsdag 24Sept.1935 het mnr Malan en ek(mnr.K) die plaas te perd inspekteer.Die steenoond van Jan Fourie was baie mooi.Ek het van die stasie n lorrievrag goed gebring- so staan dit in die joernaal aangeteken. So het dit gewerskaf en gevroetel dag na dag.Ons het lusern gebaal,koring gesaai,groente geplant, pad gemaak, draad gespan,bome uitgehaal, hawer verkoop,met dinamiet gate geskied ens.,ens.Op7 Des. 1935 lees ek dat 10 werkers die hele môre die grootste gate in die pad opgevul het.
Op7 Jan. 1936 het ons176 sak koring verkoop teen18/6die sak.Later sien ek dat ek 54 skape gekoop het vir 10/6 stuk.”
Die landerye is met osse bewerk en elke os het n naam gehad!

Winkel

Die eerste winkel-pakkamer wat op die Skoolplaas gebou is

Matrieks

Hoërskool Bekker Matrieks 1976 

skool bus

Vragmotors- later die enigste ‘busvervoer’

Die atletiekspan

‘n Foto uit die geskiedenis van Bekker Skoolplaas: Die atletiekspan. Bekker Laerskool en Bekker Hoërskool was toe nog een skool. Vierde van voor op die foto is Rita Fourie(Botha) toe nog in graad twee.

Seuns werk met wa en osse

Seuns werk met wa en osse op die lande( osse het ook name gehad!)

rugby

Eerste rugbyspan 1951

10425436_1575224452689064_6504190807724357755_n

Pierre Mans nog n oudskolier van Bekker.Hy was n kranige snoekerspeler,en het ook sy Springbokkleure verwerf.

9749_1575223179355858_2693672398045101083_n

Johan Strauss en Dave Frederickson, twee puik voorspelers wat Bekker opgelewer het.
Strauss het vir die Gazelle- span gespeel en Dave was Springbokhaker.

10410349_1575222102689299_1643798336097470836_n

Piet Botha,Springbokslot rank hoog na die bal.
Ook Piet se voetspore lê op die voetbalvelde van Hoër Landbouskool Bekker .