Girls Hockey

Hokkie nuus

Bekker-Hokkie het hoë hoogtes bereik hierdie jaar danksy die Amajuba sportweek wat ons dogters bygewoon het. Die kompetisie was baie sterk hierdie jaar, maar steeds kon ons dogters ‘n algehele 4de plek in die Super 16 reeks verseker.

Die liga het goed verloop waar die o/14, o/15, asook ons 1ste span deurgedring het na die eerste rondte uitspele in die D2/D12 reeks.

Baie dankie aan al die ondersteuners langs die veld. Ouers, sonder julle sal daar nie so ‘n goeie en positiewe gees langs die veld heers nie, julle is puik en gereelde staatmakers. Ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om almal wat betrokke is by borgskappe van die onderskeie spanne te bedank vir jul bydrae. Sonder borgskappe kan sportkodes nie optimaal funksioneer nie en is jul bydrae ‘n belegging in hierdie dogters se toekoms.

‘n Woord van dank aan elke afrigter en alle personeel wat betrokke was by die tegniese tafels, skeidregting en hulpverlening tydens wedstryde. U samewerking het van hierdie jaar ‘n reuse sukses gemaak.

Hokkie groete,

Mev. C. du Plooy

Hokkie / Hockey

Welkom terug na die heerlike somervakansie! Ons sien baie uit na die 2017 hokkieseisoen. Oefeninge het reeds begin, en die spelers werk hard om die oortollige vakansie-vetjies af te skud!
Although the athletes are still participating, the different teams are working hard on skills development and fitness, therefore it is important the each player attend every practise!


The coaches for 2017 are as follows:
Hokkie-organiseerder: C du Plooy
Girls:                                                                                    

U14 C du Plooy
U15 C vd Venter en J Kok
U16 C Lombaard
1ste en 2de span M Boshoff en L Theron
Boys:
Coordinator: A v Schalkwyk

Coaches: C Venter and S Mulder

Good luck to all involved.

Hokkie groete!
C du Plooy

JAGUARS