HOËRSKOOL BEKKER SE GESKIEDENIS

Wyle oom Simon Bekker, die destydse Administrateur van Transvaal was die Vader van die Skoolplaas idee. Dit was in die dertiger jare. Die grondgedagte was om vir die plattelandse kind dieselfde geleentheid te skep as wat die meer bevoorregte dorps neefs en – niggies geniet het.

Skoolplase het oor die lengte en breedte van Transvaal ontstaan. Eers was dit Happy Rest in die Verre Noorde by Louis Trichardt, daarna Merensky by Magoebaskloof, Sannieshof by Lichtenburg, Amsterdam in die Suide, Kuschke by Pietersburg, Paul Kruger by Rustenburg, Lord Milner(Eng. med.) in die Springbokvlakte, en les bes, die baba, ons eie Bekkerskoolplaas!

‘n Aanhaling uit n skrywe van Mnr. E.J.C. Kuschke, die eerste hoof van Bekker : ” Vir my was dit n rooiletterdag in my onderwysloopbaan toe ek op Woensdag 21 Aug. 1935 die aanstelling as hoof van die ’Zeekoeihoek Skoolplaas’ gekry het. Daar was geen geboue, geen skool, geen koshuis, niks, niks, niks, behalwe net die doodgewone boereplaas. Die plaas het behoort aan wyle Senator TC Stoffberg.”
Daar was slegs die ou plaaswoning, en hier het Mnr Kuschke en sy gesin agt en n half jaar gewoon. Die stoepkamer moes dien as skoolkantoor, plaaskantoor en ook as poskantoor.

 

Vir die interessantheid daarvan haal ek aan uit die joernaal van die “Zeekoeihoek 95 School”, soos die eerste dag se inskrywings deur die eerste hoof Mnr. C van der Merwe opgeteken is.

ZEEKOEIHOEK 95 SCHOOL,10April 1917
Bovenstaande school werd vandag geopend met 20 leerlingen in standaarden as volgt: 

Standaard 1 V: Johannes Fourie, Emmie Stoffberg, Susara Bloem.
Standaard 111: Jan van den Berg ,Anna Fourie , Gert Duvenhage, Joseph Fourie .
Standaard 1: Gert Redelinghuis, Johanna Adams, Alida van den Berg, Susanna Adams.
Graden: Hendrik Duvenhage, Cornelius Fourie , Machiel Briel, Hendrik Grobler, Aletta Adams, Johanna Reeders,  Ella Nortje,Hester Briel.”

Hierdie skooltjie is vanaf 17 Januarie 1938 ingelyf by die Bekker Skoolplaas.

Sonder argitek of klerk van werke is daar beraam en beplan om geboue op te rig. Manne soos oom Hennie du Plessis , oom Johnie Kloppers van Magaliesburg, oom Jan Malan en D. Labuschagne het almal help bou. So het verrys die mooi koeistal, roeimasjienkamer,die kraal en dip, die spoggerige prieël op die park en rotstuin. Ook die mooi grondpad en laagwaterbrug oor die rivier, die tabakoond met kelder, ook hoenderhokke ens. Oom Johnnie het die park se pilare en ook die mooi klipkraal gebou. Etlike male het die rivier afgekom en dan was die Skoolplaas totaal afgesny van die buitewêreld. Die ‘park’ was die dieretuin en Aalwyntuin, met die pragtige druiweprieël daar langsaan. Dit was op n groot stuk grond wat spesiaal voorberei is, en voor die ou woonhuis aangelê.

Die platdakgebou met 5 kamers wat opgerig is as broeimasjien-en eierkamers, sou later moes dien as eerste koshuis, waarin 18 seuns gehuisves kon word. Die laboratorium word in die ou plaaswaenhuis ingerig, en vir die Plaasskool self is n ou plaasstoor gebruik.

Van Skoolplaas tot Hoërskool Bekker….
Mnr. J.C. Steenekamp ( die nuwe hoof na mnr Kuschke) skryf:” Die tydperk 1944-1950 kan, wat die groei van die skool betref, beslis beskou word as n oorgangsperiode van Skoolplaas na Hoërskool . Aan die einde van1943 was die inskrywings 127 leerlinge van graad 1 tot St 8 ( graad 10), omdat die getalle in die hoër klasse: St. V1-V111 so gering was, kon slegs n beperkte vakkeuse aangebied word, met die gevolg dat die leerlinge wat hier geslaag het in die Junior Sertifikaat eksamen( maw. Graad 10) moelik kon aanpas by die Hoërskole om St. 9 en matriek te slaag”

Belangrik: daar was min Hoërskole wat tot matriek gegaan het. Ek noem bv. Rustenburg ou Hoër, Monnas, Helpmekaar, Potch. Volkskool, Heidelberg Volkskool …..  die ander skole was bekend as Junior Hoërskole, wat net tot St8 gegaan het. So was Bekker dus n Junior Hoërskool, met n beperkte vakkeuse.

 

Op 21 Augustus 1935 is Mnr. E.J.C. Kuschke as eerste hoof aangestel by Bekker skoolplaas. Mnr. J.B. Malan, gesekondeer vanaf Schweizer-Reneke, was die eerste assistant. Die plaas voorman, Mnr. J.H. Fourie, wat saam met die plaas van die vorige eienaar oorgeneem is, het hulle ‘n driemanskap gevorm om iets uit die niets te skep. Daar was geen geboue, geen skool, geen koshuis, niks behalwe ‘n doodgewone boereplaas nie.

Skillful boere-builders like messers. H. du Plessis, J. Kloppers, D. Labuschagne and J. Malan built a cow stable, tobacco oven, class rooms, a compound and chicken coop during the first year. A zinc hostel complex was also erected. Mr. Kuschke started a miniature zoo, where even lion where held.

Eerste Leerlinge

Op 3 Augustus 1936, word die eerste 3 drie leerlinge ingeskryf. Hulle was Willem (Blackie) sSwart (heel eerste inskrywing), Mattheus Willemse en Quinten Willemse. Aan die einde van daardie jaar het die getal leerlinge op 17 gestaan en met die sluiting van die skool aan die einde van 1937 was daar reeds 63 leerlinge. 10 Desember 1937 is ook opgeteken as die laaste skooldag van die naaste skooltjie, Laerskool Zeekoeihoek. Dié leerlinge is vanaf 1938 oorgeplaas na die skoolplaas en die getalle het tot 140 gestyg. Die oorplasing het beteken dat dogters ook toe by die skoolplaas ingeskryf is. In 1937 het die skool 9 leerkragte gehad.

Keuse

Op 15 Junie 1939 is ‘n belangrike besluit geneem op ‘n personeelvergadering, nl. dat die leuse van die skool sal wees: Ons bou ‘n toekoms, en die skoolkleure: groen en ougoud. Later is die kleur wit bygevoeg.

At the beginning of 1944, Mr. J.C. Steenekamp, took over the reigns as principal. Mr. P.W. Botes became the first Vice Principal and he was followed by Mr. D.C. De klerk.

During 1944 the subject choice was enlarged and mathematics, commercial subjects and practical agriculture were added. The establishment of bus transport was widely welcomed and the first 18 learners were transported on 19 January 1944. By the end of 1953, 214 learners made use of the daily school bus transport.

HOËRSKOOL STATUS

Dit het natuurlik beteken dat dié skool wat tot nou toe leerlinge vanaf graad 1 tot en met standerd 8 gehuisves het, moes afsien van die primêre afdeling. Op 8 Januarie 1952 begin die skool dan ook met 315 leerlinge. Aan die einde van 1952 het die skool 12 matrikulante vir die seniorsertifikaat ingeskryf en daar was 16 onderwysers.

In August 1954, the year 1959 achieved further exceptional meaning when the director granted permission that the school would in future be known as the Hoër Landbouskool Bekker.

 

Op 12 November 1971 het die Direkteur van onderwys, Dr. A.L. Kotzé, die nuwe seunskoshuis geopen wat na Mnr. Kuschke vernoem is. Op 31 Desember 1971 het Mnr. J.P. Anderson afgetree as hoof en is Mnr. C.F. Bossert as vierde hoof vanaf Januarie 1972 aangestel. In sy ampstermyn verander die vakke sodat daar voortaan ‘n landbou-, huishoudkunde- en algemene studierigtings aangebied word. Op 9 Desember 1983 neem Mnr. Bossert afskeid van die skool waar hy 38 en ‘n half jaar werksaam was. Hy word opgevolg deur Mnr. H.L.M. Van den berg wat op 1 Januarie 1984 as die vyfde hoof van Bekker aangestel word.

During 1983 the school became known simply as Hoërskool Bekker. A new school badge was registered and came into use during 1986. The long-awaited new farm buildings began to realize when the tender is awarded on 19 July 1985. The first fifty years of this beautiful school is ended in 1985 and the new farm buildings are ready for use in 1986.

1989 -1996 (7 JAAR) MNR C.J. MEYER

Mnr. H.L.M. Van den berg kry vanaf 1 Januarie 1989 ‘n bevorderingspos by die Gauteng Departement van onderwys en word Mnr. C.J. Meyer vanaf Januarie 1989 aangestel as Bekker se sesde hoof.

In die tydperk word die sportterrein opgeknap, hokkie velde word aangelê en word die sportterrein vernoem na Mnr. P.R. Papenfus vir sy groot bydrae tot Hoërskool Bekker se sport. Addisionele koshuise wat voorheen in gebruik was (Harmonie, Geluksanker en Springbok), word opgeknap en in her-gebruik geneem as dogterskoshuis omdat die skool se getalle vir dogters baie vergroot het. Die koshuis, Goedehoop, wat ook voorheen in gebruik was, word ook weer ingebruik geneem as ‘n addisionele seunskoshuis. Pragtige sport prestasies, soos bv. die eerste rugbyspan wat in 21 jaar daarin slaag om op Hoërskool Monument se tuisveld, met hulle af te reken. Die span speel dan ook in die goue leeus finaal. 4 Nuwe netbalbane word o.a. ook gebou en word die bestaande netbalbane opgeknap om voortaan uitsluitlike as tennisbane te dien.

The school’s medium of education changes to double medium during this period and English -speaking learners can now also be educated in their mother tongue.

1997-2011 (14 JAAR) MNR T. SCHOLTZ

On January 1, 1997 Mr. T. Scholtz takes his place as Bekker’s seventh principal. During his term, the long-awaited club house is built, which overlooks the athletics-, rugby- and netball fields. The tuckshop at the sports fields, as well as the school grounds are revamped and new offices for the principal, vice principal and department heads are built.

Mnr Scholtz tree uit aan die einde van 2011.

2012 - … MNR A.C ELLIS

Op 1 Februarie 2012 begin Mnr. Adolf Ellis as agtste hoof van Hoërskool Bekker.

Op akademiese gebied, begin Bekker die een jaar na die ander ‘n 100% slaagsyfer vir die matrikulante behaal,  ons aangewys as die beste plattelandse skool in Gauteng en word die beste plattelandse skolier ook uit ons skool aangewys. Die besondere prestasie is alreeds vir 3 jaar deur die onderwysdepartement aan Hoërskool Bekker toegeken. Op sportgebied behaal Bekker uitstekende prestasies. Ons begin aan die super 16-reekse vir rugby, netbal en hokkie deelneem waar ons eerste rugbyspan vir 3 jaar na mekaar as wenners aangewys is. Ons wen vir 8 jaar die interhoër in atletiek. Ook ons netbal- en hokkiespanne lewer mooi prestasies.

Ons eerste- en 0/14a rugbyspanne wen in 2006 die Goue leeus- sowel as die Beeld-trofee. Ons 0/15a rugbyspan wen in 2007 die super 16 reeks. Amanda Kotzé word beskou as Bekker se super sportvrou en word gekies vir die jnr. Springbokspan in atletiek.

Hoërskool Bekker was in 2005, 70 jaar oud en ‘n gedenk jaarblad word in hierdie jaar uitgegee. Huidiglik spog ons met ‘n leerlingtal van 635 en groei steeds.

Hoërskool Bekker had wonderful and momentous moments over the past 25 years. We trust that the next 25 years will hold huge achievements, as we still believe in: We are building a future.

Ons leuse onder die personeel en kinders is:

Van Skoolplaas tot Hoërskool Bekker….
Mnr JC Steenekamp ( die nuwe hoof na mnr Kuschke) skryf:” Die tydperk 1944-1950 kan, wat die groei van die skool betref,beslis beskou word as n oorgangsperiode van Skoolplaas na Hoërskool .Aan die einde van1943 was die inskrywings 127 leerlinge van graad 1 tot St 8 ( graad 10) Omdat die getalle in die hoër klasse:St.V1-V111 so gering was,kon slegs n beperkte vakkeuse aangebied word, met die gevolg dat die leerlinge wat hier geslaag het in die Junior Sertifikaat eksamen( maw. Graad 10) moelik kon aanpas by die Hoërskole om st. 9 en matriek te slaag” Belangrik: daar was min hoërskole wat tot matriek gegaan het.Ek noem bv. Rustenburg ou Hoër,Monnas,Helpmekaar,Potch. Volkskool,Heidelberg Volkskool…Die ander skole was bekend as Junior Hoërskole,wat net tot st8 gegaan het.So was Bekker dus n Junior Hoërskool,met n beperkte vakkeuse.

ONS BOU "N GOUE TOEKOMS IN GROEN en DIS LEKKER OP BEKKER

Die nuwe seunskoshuis van Bekker is vernoem na mnr EJC Kuschke, die eerste hoof van Bekker.

Eerste leerling

Blackie( Willem) Swart – Eerste leerling van Bekker skoolplaas.

eerste plaasstoor

Plaasskool

St 6 korfbalspan

Ons kyk 57 jaar terug…Bekker se St 6 korfbalspannetjie.Wie kan help met name?

eerste_matriekklas

Die eerste matriekklas van Bekker 1952.

seunskoshuis

Kombuis en eetsaal 1936-1940

Personeelfoto van Bekker(1948).mej Pretorius het toe later mev Coetzer geword en mej Stander het mev Gouws geword

Mnr Anderson in sy eeste ” erfgenaam” model,en nog met n blink swart kuif!

Die eerste plaasstoor wat gebou is